Sunday, 16 September 2012

Laaste oefeninge

Geagte Lesers
Hoop dat die naweek n rustige een was. Ek wil julle graag in kennis stel en die volgende inligting met julle deel.
Daar is sowat 150 kaartjies oor so as julle nog nie gekoop het nie moet julle vinnig spring.
In die week (Woensdag) sal daar n DVD aan wees, wat beteken dat die leerder reeds om 16:00 by die skool moet wees sodat ons n DVD kan opneem van die revue. Die leerders sal weer om 19:00 klaar wees.

Die revue is nou in sy finale stadium en daarom versoek ek dat alle leerders asb op tyd sal wees en die volgende twee oefeninge van die kwartaal sal bywoon. ( Maandag aand en Woensdag )

Na die kort vakansie sal die leerders begin met die optredes. Daar sal dus dan geen buitemuurs wees of huiswerk aan die leerders gegee word nie.

Baie dankie vir al die positiewe terugvoer en samewerking.\

No comments:

Post a Comment